GRAANMARKTE BLY WISSELVALLIG IN 2022 Die internasionale graanmark word gekenmerk deur ongekende wisselvallige omstandighede waaronder die COVID-19-pandemie en die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne. KORING Rusland, as die grootste uitvoerder van koring, word deur sanksies benadeel en die Oekraïne, wat die vyfde grootste uitvoerder van koring is, se toegang tot sy hawens is gekortwiek. [...]