March 15, 2021

Groot druk op logistieknetwerk verwag weens die buitengewone oes

Toe ons die nuwe jaar in 2021 aanpak, het die situasie baie ernstig gelyk – veral in KwaZulu-Natal – met COVID-19-sterftes wat daagliks toegeneem het. Ongelukkig begryp baie van ons nou eers die dodelike impak van COVID-19 en die nuwe mutasies.

Daar is baie onbekende elemente ten opsigte van COVID-19, Niemand kan met enige sekerheid sê waarheen hierdie pandemie gaan lei of wat die uiteindelike uitkoms sal wees nie, selfs nadat die entstowwe ten volle ontplooi is. Hierdie onsekerheid en klimaat van vrees vir die onbekende is iets waarmee almal van ons nou moet vrede maak, en dit het dit beslis nie makliker gemaak om in Suid-Afrika sake te doen nie.

Op die ekonomiese front het die internasionale graderingsagentskappe Suid-Afrika almal tot rommelstatus afgegradeer toe COVID-19 vroeg in 2020 uitgebreek het. Dit het ook gepaardgegaan met kragonderbrekings, toenemende werkloosheid, politieke onsekerheid in die regerende party, en die blootlegging en/of bevestiging van wydverspreide korrupsie, veral in die OSB’s, en as gevolg van staatskaping. Die COVID-19-inperking het onvermydelik ’n reeds verswakte ekonomiese vooruitsig vir Suid-Afrika vererger.

Kapasiteit, produktiwiteit en opeenhoping by ons vernaamste hawens sal tydens die komende invoer/uitvoer-seisoen ’n beperking bly. Die volgehoue en soms dodelike aanvalle op vragmotors tussen Durban en Johannesburg en voortslepende spoorlynondoeltreffendhede in die graanbedryf gaan voort om vertroue in die logistieksektor te ondermyn. Met ’n buitengewone mielie- en koringoes in die pyplyn sal ons logistieknetwerk oor die volgende ses tot agt maande onder geweldige druk verkeer.

Kommersiële mielies: Die hersiene geskatte oppervlakte vir mielies is 2 750 900 ha, wat 5,37% of 140 100 ha meer is as die 2 610 800 ha wat in die vorige seisoen geplant is, en 0,92% of 25 600 ha minder is as die voorlopige geskatte oppervlakte van 2 776 500 ha wat in Januarie 2021 deur die Oesskattingskomitee vrygestel is.


Koring: Die verwagte produksie van koring het op 2,109 miljoen ton gebly, terwyl die verwagte opbrengs 4,14 t/ha is. Dit is volgens die Oesskattingskomitee die grootste verwagte koringoes sedert die 2,130 miljoen ton van die 2008-seisoen.

Dit was onvermydelik dat maatskaplike en politieke spanning in 2020 sou verhoog, en dit sal waarskynlik in 2021 hoog bly. Terwyl graangewasuitsette buitengewoon goed was en dit na verwagting in die 2021-seisoen sal voortduur, het huishoudings se voedselsekerheidstoestande as gevolg van wydverspreide werksverliese verswak. Statistiek dui daarop dat ’n jaar-tot-jaar-daling in indiensneming en die nuwe voorgestelde minimum lone vir huis- en plaaswerkers sal voortgaan om ’n finansiële impak te hê.

Ten slotte was dit plaaslik en internasionaal ’n baie uitdagende tyd. Reuseveranderinge vind regoor die wêreld plaas, naamlik ’n welvaartwanbalans, klimaatsverandering, voedselsekerheid, en die manier waarop ons sake doen en met mekaar kontak maak – met leer oor ’n afstand, kommunikasie en werk wat belangrike elemente hiervan is. Nie een van ons kan voorspel waar dit alles sal eindig nie, maar dit is onvermydelik dat mense sal moet leer hoe om by veranderende toestande aan te pas.

Vir diegene wat by die voedsel- en verwante bedrywe betrokke is: ons is trots om tot die instandhouding en verbetering van die landboubasis in Suid-Afrika te kon bydra en bly daartoe verbind om die sukses van ons missie in die toekoms te verseker, ongeag watter uitdagings ons raakloop en te bowe kom.

Ons kan net hoop en bid vir sterk en toegewyde leierskap in Suid-Afrika en ’n bestendige hand op die stuur om ons saam deur hierdie ongekarteerde waters te lei.

Lukas Swarts
RAADSLID

Selfoon: 082 444 3227
E-pos: lukas@ensignship.com

Hein Rehr
PRESIDENT
Mobile: 082 451 1569
Email: hein@newachiever.net
One Comment
  1. […] View […]

Comments are closed.