July 29, 2022

GOSA KAAP-WERKSWINKEL VIND GROOT BYVAL

Die Wes-Kaapse tak van GOSA, naamlik GOSA Kaap, het op 20 Julie vanjaar ‘n werkswinkel by die Worcester Gholfklub aangebied.

Dié jaarlikse werkswinkel gee aan spesialiste in die graanbedryf die geleentheid om hulle kennis oor die graanbedryf te deel. Dit is bygewoon deur GOSA-lede sowel as ander belanghebbendes in die graanwaardeketting.

Onderwerpe wat aangespreek is, was ‘n oorsig oor die graanmark (Werner Visagie van Overberg Agri), weegbrug-instandhouding (Wayne van Vuuren van Massamatic) en die toleransie en uitdagings van insekte in die opberging van graan (Eddie Engelbrecht van Degesch SA).

Volgens George du Plessis, voorsitter van GOSA Kaap, het die werkswinkel uitstekend afgeloop en goeie terugvoer is ontvang. ‘n Totaal van 46 mense het die werkswinkel bygewoon.

GOSA Kaap se werkswinkel is moontlik gemaak deur borgskappe van Massamatic, Ronin, Perdigon en AFGRI. Voor van links: Neil de Lange (Massamatic), Dries van Jaarsveld: GOSA Kaap, George du Plessis: GOSA Kaap en Munro van der Westhuizen (Ronin). Agter: Dieter le Roux (Perdigon), Michal Rehr (GOSA Kaap), Danie Greeff (AFGRI) en Ferdinand Meyer (Ronin).