December 4, 2020

Neem 2020 onder oë en leef die verandering in 2021

Dagsê aan almal uit ’n snikhete Johannesburg. Kan julle glo dat die jaar 2020 na sy einde toe voortsnel? Hierdie jaar was vol beproewings.

Ons is ook in die middel van ’n verstommende oes wat in die Wes-Kaap gestroop word terwyl somergewasse op die oomblik in die noorde geplant word. Op hierdie stadium het ons reeds wydverspreide reën ontvang en al die produsente is opgewonde en hoopvol dat die plantseisoen goed sal afloop. Die oostelike streke het ’n goeie maand se plant agter die rug en die einde van die plantvenster kom nader. Noordwes en die sentraal-Vrystaat het ’n paar kwaai donderstorms gehad en hulle plantseisoen het nou eers afgeskop.

GOSA wil die hele bedryf gelukwens dat hulle regdeur die jaar bestendig gebly het, ’n groot oes hanteer het – en in baie uitdagende tye nuwe besigheid en inisiatiewe hanteer het. Dit is ook nou die tyd van die jaar om terug te kyk en dankbaar te wees – dankbaar dat ons veilig is tydens die pandemie, dankbaar vir voorsiening, dankbaar vir geleenthede om ons besighede en verhoudings te laat groei.

Dit is ons spesiale wens dat julle, ons lede, verwante bedrywe en rolspelers, verenig sal staan vir ons saak om kennis, kundigheid en geleenthede op die GOSA-platform te verbeter. Met hierdie eenheid in gedagte kan ons 2021 en alles wat dit moontlik meebring, tegemoet gaan. By GOSA is die deur oop vir gesprekke, groei en interaksie om die nodige verhoudings te skep.

Saam met verhoudings kom vreugdevolle tye, harde werk en ook hartseer tye. Dit is veral hartseer wanneer GOSA tot siens moet sê vir lede wat sulke diep spore in die bedryf getrap het. ’n Spesiale woord van dank gaan aan wyle Mike Thompson en wyle Chris Pretorius. Dankie vir soveel jare wat julle GOSA-ambassadeurs was, met eindelose kennis in die veld, die toepassing van daardie kennis en verhoudings wat oor tyd gesmee is. Ons sal julle mis.

Terwyl ons in die feesseisoen inbeweeg, neem ons 2020 onder oë en leef die verandering in 2021. GOSA wens almal ’n Geseënde Kersfees vol liefde en tyd saam met die familie toe. Wees asseblief veilig en hou die pandemie en die frustrasies wat daarmee saamgaan voor oë. Dit sal ook verbygaan, soos al die ander.

As ons na 2021 kyk, gaan ons voort om nog ’n wonderlike jaarlikse GOSA-simposium in Mosselbaai te beplan. Neem asseblief kennis van gepubliseerde simposium-verwante inligting.

GOSA-groete

Ferdinand Meyer
Raadslid

Selfoon: 083 293 0336
E-pos: ferdi@roninsolutions.co.za

Ferdinand Meyer

Mobile: 083 293 0336
Email: ferdi@thisisronin.com