July 29, 2020

Jy’s in die regte bedryf

Wow, ons beleef interessante, opwindende tye! Wat is jou vyfjaarplan? Hoe lyk jou voornemens vir die nuwe jaar? Hoe lyk dié jaar se begroting? Die nuwe normaal is deesdae Zoom en Teams…

Ek dink nie een van die antwoorde wat ek langs elkeen van bogenoemde stellings in Januarie 2020 sou neergeskryf het, is vandag meer van toepassing nie. Daar is ook ‘n gesegde wat lui dat ‘n mens nie ‘n goeie krisis moet vermors nie.

Die graanbedryf as ‘n geheel het sover minder van die ekonomiese beperkings wat die COVID 19-pandemie op die ekonomie as geheel ondervind het, beleef.

Resultate van ‘n opname wat World-grain.com in Mei 2020 gedoen het, het aan die lig gebring dat die graanbedryf beide positiewe en negatiewe reperkussies in die pandemietydperk ervaar het. Die grootste negatiewe effek blyk die afname in die produkte te wees en ‘n stabiliteit aan werksmense in hierdie hoogs gespesialiseerde vakgebied.

Volgens die navorsing is die grootse positiewe ervaring ‘n groei in klein, onverwerkte verpakkings vir voedselhulpskemas. Die vervaardiging van verpakkingsmateriaal by kleiner verskaffers wat min werknemers het asook kleiner verspreiders wat plaaslik kon opereer, het aan daardie kant die positiefste effek gehad. Dus het die kleinhandel in ‘n groot mate opgemaak vir die inkrimping op groothandelsvlak.

Bly veilig en was jou hande. Jy is in die regte bedryf!

Bron: Word-grain.com

Johan van Rensburg
VISE-PRESIDENT

Selfoon: 087 358 8882
E-pos: johan.vanrensburg@vkb.co.za

Johan van Rensburg
VICE PRESIDENT
Mobile: 087 358 8882
Email: johan.vanrensburg@vkb.co.za