June 29, 2020

Laat die nasie met CCC vorentoe beweeg

Klomp jare gelede het ek en my dogters van Kaapstad na Mosselbaai gereis. Ons het pas uit Gauteng verhuis – waar GP op die nommerplate van die meeste voertuie verskyn. Aangesien dit nie in die Wes-Kaap die geval is nie, het dit gou ’n gereelde speletjie tussen die twee in die motor geword om te probeer om elke nommerplaat te pas by die dorp waarna dit verwys. Hoe verder ons gery het, hoe beter het hulle geword.

Toe ons die pragtige dorpie Riversdal – die tuiste van die Slapende Skoonheid – binnery, het my dogters die CCC-nommerplate opgemerk en dit onmiddellik by die regmatige eienaar gepas. Ek was beïndruk met hulle, maar nie soseer met die klein, stil dorpie nie. Ek het later selfs voorgestel dat ons dit eerder “REVERSE-dal” moet noem. Dit is ’n dorpie wat met die eerste oogopslag gelyk het asof dit heeltemal verlate was en deur tyd agtergelaat is.

Ongeveer ’n week gelede het ek vir die eerste keer in ’n lang tyd weer Kaapstad toe gery. Terwyl ek deur Riversdal ry, dink ek terug aan daardie spesifieke gesprek met my dogters, en dit neem my gedagtes op ver paaie. Waarvoor staan die CCC-registrasie in die groter Suid-Afrika vandag? Covid, misdaad (crime), korrupsie (corruption)? Of dalk: Krisis (crisis), slagting (carnage), chaos? Al hierdie woorde verwys na ’n terugwaartse en nie ’n voorwaartse aksie nie. Woorde wat ons as ’n nasie waarskynlik net so verlate en agtergelate laat voel as wat ek gedink het “Reverse-dal” was.

Dit is nie meer die geval nie. Oor die jare heen het ek meer tyd daar deurgebring en ek het hierdie dorpie leer ken as ’n versteekte juweel, met goedhartige mense en baie potensiaal.

Ons sal dalk mettertyd besef dat met samewerking (cooperation), bydraes (contributions) en vertroue (confidence) in Christus kan CCC net so wel verandering (change), karakter (character) en moed (courage) verteenwoordig. En dat ons saam die lot van ons nasie kan verander en dit die toekoms in kan laat beweeg!

Tom Terblanche
RAADSLID
Selfoon: 082 891 1656
E-pos: tom@graincarriers.co.za

Tom Terblanche

Mobile: 082 891 1656
Email: tom@graincarriers.co.za