January 29, 2019

Die tyd het aangebreek: GOSA 2019 is hier

ʼn Mens kan dit amper nie glo dat ‘n hele jaar verloop het sedert ons vorige GOSA-simposium nie. Berei jouself voor vir die yskoue Weskus-water en die warm gasvryheid van sy mense. Club Mykonos, hier kom ons!

Kollegas en professionele mense uit die graanhanteringsbedryf kom weer byeen om te luister na ‘n opwindende groep sprekers wat hul insigte kom deel rakende die weer se impak op gewasproduksie, waterbestuur asook sosio-ekonomiese en politieke aangeleenthede. Die nuutste tegnologiese tendense en vooruitsigte is ook op die spyskaart. Ons gaan na top sprekers luister, soos Mosiuoa Lekota, prof Dirk Coetzee, Japie Grobler en dr Roelof Botha – om maar ‘n paar te noem.

Soos u weet, is ‘n GOSA-simposium meer as net ‘n simposium – dit is ‘n tuiskoms by familie. Ons GOSA-lede deel die afgelope jaar se ervarings, besigheidsprestasies en sommer ook hoe dinge by die huis gaan met mekaar. Nuwe besigheidsbetrekkinge en -verhoudings is ʼn natuurlike uitkoms van ‘n GOSA-simposium. Ons gaan weer die geleentheid hê om saam te werk en saam te ontspan. Met ons voete in die sand gaan ons luister na Wikus van der Merwe en Pietman.

Mag julle voorspoedig reis en veilig by GOSA 2019 aankom.

Sien uit om jou daar te sien!

Ferdinand Meyer
Raadslid

Ferdinand Meyer

Mobile: 083 293 0336
Email: ferdi@roninsolutions.co.za